top of page

Welkom by Projek

Anker Punt

Geloof in Aksie

Die Afrikaanse Protestantse Kerk Hoedspruit bevind hom tans op ’n keerpunt in die lewe van die gemeente.

Oor die afgelope paar jaar het die gemeente van ongeveer 120 lidmate tot meer as 420 gegroei. Hierdie groei is iets waarvoor ons diep dankbaar is.

APK Hoedspruit Anker Punt Projek (1).jpg

DIE REALITEIT

Dit bring egter ook ’n werklikheid mee wat nie langer geïgnoreer kan word nie.

Ons huidige kerkgebou kan slegs ongeveer 250 persone akkommodeer. Op ’n Sondagoggend beteken dit dat nie almal saam kan aanbid nie - iets wat die hart van ’n gemeente raak.

ONS SYFERS

420

Huidige Lidmate

250

Huidige Kerkgebou Sitplekke

800

Beplande Sitplekke

NA DEEGLIKE OORWEGING EN GEBED HET ONS DIE VOLGENDE BESLUIT

OM 'N NUWE KERKGEBOU OP TE RIG

ONS VISIE

Meer oor Projek Anker Punt

Hierdie besluit word nie gedryf deur aansien of sigbaarheid nie, maar deur ’n eenvoudige en ernstige roeping: om die Here te eer en sy Woord getrou te verkondig - nou en vir die geslagte wat kom. Ons strewe is om ’n ruimte te skep waar die Woord sentraal bly, waar mense saam kan kom, en waar ’n geestelike tuiste gevestig word wat blywend van waarde sal wees.

Hierdie ontwikkeling staan ook nie op sy eie nie. Hoedspruit self het oor die afgelope jare merkbaar gegroei. Met die uitbreiding van toerisme, landbou en nuwe residensiële ontwikkelinge het die gemeenskap aansienlik uitgebrei. Soos die dorp groei, groei die behoefte aan vaste, betroubare ankerpunte -plekke waar waardes gevorm en versterk word. Ons glo dat die kerk een van daardie ankerpunte is.

Hoewel hierdie projek uit die behoeftes van ons gemeente spruit, is dit nie slegs tot ons lidmate beperk nie. Die kerk funksioneer binne die gemeenskap en dra daartoe by. Plaaslike besighede stel mense aan wat deel is van hierdie gemeente - mense wat gevorm word deur waardes soos integriteit, verantwoordelikheid en toewyding. In dié sin raak die werk van die kerk nie net die Sondag nie, maar ook die week - nie net die individu nie, maar die gemeenskap.

HIERDIE PROJEK IS NIE BLOOT ’N BOUPROJEK NIE

Dit is ’n belegging in iets wat nie maklik gemeet kan word nie, maar wat onmiskenbaar waarde het: die geestelike en morele fondament van ’n gemeenskap.

APK Hoedspruit Anker Punt Projek (13).jpg

INLIGTINGSAAND

Uitnodiging

27 MEI 2026

Woensdag, 18:00

AP KERKTERREIN, HOEDSPRUIT


RSVP: 20 Mei 2026

Ds. Joubert Ferreira

083 442 0354

apkhoedspruit@outlook.com


Spitbraai en bykosse word voorsien

Die doel is nie bloot om inligting te deel nie, maar om ’n geleentheid te skep waar daar saamgedink kan word oor die toekoms en oor die rol wat elkeen daarin kan speel.

 

Ons nooi u uit om te kom luister, om vrae te vra en om eerstehands kennis te neem van wat beplan word.

Wat hier ter sprake is, strek verder as ’n gebou.

Dit gaan oor wat ons saam nalaat - nie net in steen nie, maar in die lewe van mense en in die rigting van ’n gemeenskap.

aboutdawieroodt.jpg

KOM LUISTER SAAM NA

DAWIE ROODT

Dawie Roodt is die stigter, direkteur en hoofekonoom van die Efficient Group. Met dekades se ervaring as ekonoom en kommentator is hy een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde stemme oor die ekonomie, markte en sakewêreld.

 

Dawie is bekend vir sy praktiese, reguit insigte oor ekonomiese tendense, beleggings en die uitdagings én geleenthede binne die Suid-Afrikaanse en globale besigheidsomgewing.

 

Sy praatjie bied waardevolle perspektief vir sakelui, beleggers en enigiemand wat beter wil verstaan hoe ekonomiese realiteite ons daaglikse besluite beïnvloed.

bottom of page